Franja Du Plessis – Gee My ‘n Boerseun Lyrics

Franja Du Plessis Gee My ‘n Boerseun Lyrics

Almal sê ‘n boer soek ‘n vrou
In ‘n plaaskombuis wat die koffie warm hou
Haar arms om hom toegevou

Hy het al mooi by sy ma geleer
Dat ‘n vrou se hart iets is wat jy sag hanteer
Want sy kry so maklik seer

En dis waaroor ek nog altyd droom
Dis wat ek in ‘n man wil hê

Gee vir my ‘n boerseun
Wat die plaas verstaan
Gee my ‘n boerseun
Met sy vellies aan
As hy kan dans
Staan hy ‘n kans
Om my hart te wen

Gee vir my ‘n boerseun
Wat my sal verstaan
Gee my ‘n boerseun
Wat my asem wegslaan
En my dra
As ek dit vra
En in sy boerehart
Vir my plekkie maak

Ek was nog altyd ‘n gewone girl
Ek weet ek kan die leemte in jou boerehart kom vul
So vat ‘n kans op my en sê jy wil

Gee vir my ‘n boerseun
Wat die plaas verstaan
Gee my ‘n boerseun
Met sy vellies aan
As hy kan dans
Staan hy ‘n kans
Om my hart te wen

Gee vir my ‘n boerseun
Wat my sal verstaan
Gee my ‘n boerseun
Wat my asem wegslaan
En my dra
As ek dit vra
En in sy boerehart
Vir my plekkie maak

So bring jou trekker
En jou John Deer hoed
Want ek wag hier vir jou

Gee vir my ‘n boerseun
Wat die plaas verstaan
Gee my ‘n boerseun
Met sy vellies aan
As hy kan dans
Staan hy ‘n kans
Om my hart te wen

Gee vir my ‘n boerseun
Wat my sal verstaan
Gee my ‘n boerseun
Wat my asem wegslaan
En my dra
As ek dit vra
En in sy boerehart
Vir my plekkie maak
Vir my plekkie maak

En my dra
As ek dit vra
En in sy boerehart
Vir my plekkie maak

    Lyrics Details:

  • Written by:
  • Album:
  • Released: